Quantcast
Channel: The Gremlin | Hessequa News
Viewing all articles
Browse latest Browse all 12

Hessekwa-tak dra bejaardes se higiëne op die hart

$
0
0

Die AfriForum-tak in Hessekwa is besorgd oor die bejaardes in die omgewing en het daarom op 4 Augustus ’n ruim skenking van toiletware aan Huis Edwin Theron in Albertinia gemaak. Die skenking was deel van ’n gemeenskaplike inisiatief om die tehuis te ondersteun en die inwoners waardig te laat voel. 

Van die items wat deel was van hierdie skenking ter waarde van R5 000 was sjampoe, deodorant, seep, tandepasta en toiletpapier. 

“Dit is almal se verantwoordelikheid om na ons gemeenskappe om te sien. Dit is belangrik dat die bejaardes die nodige benodigdhede soos seep en sjampoe het om higiënies te kan leef,” sê Nita Wessels van AfriForum se Albertinia-plaaswag. Dié plaaswag het ook ’n bydrae tot die skenking gelewer. 

Byskrif van links: Agter: Jaco Minnie (Albertinia-plaaswag), Wessel Cronje (Albertinia-plaaswag), Willem Wessels (Albertinia-plaaswag), Ian Grobbelaar (takbestuur) en Nita Wessels (Albertinia-plaaswag).
Voor: Yolandie Cronje (Albertinia-plaaswag) en Annelise Minnie (boekhouer vir Huis Edwin Theron).

AfriForum se Hessekwa-tak en sy Albertinia-plaaswag het ook verskeie veiligheidsinisiatiewe in die streek. AfriForum se Albertinia-plaaswag het onlangs verskeie suksesvolle operasies saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uitgevoer, waartydens daar arrestasies gemaak is en boetes ter waarde van R6 000 uitgeskryf is. 

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-struktuur betrokke. Kontak Erasmus by marthinus.erasmus@afriforum.co.za of 081 216 9602 om by die AfriForum-tak in Hessekwa aan te sluit. 

Marthinus Erasmus

Distrikskoördineerder: Suid-Kaap

AfriForum

Sel: 081 216 9602

E-pos: marthinus.erasmus@afriforum.co.za


Viewing all articles
Browse latest Browse all 12

Trending Articles