Quantcast
Channel: The Gremlin | Hessequa News
Viewing all articles
Browse latest Browse all 12

Dit is sulke tyd! Maak reg vir ‘n LEKKER KUIER!

$
0
0

Herfstyd in Maart en elke jaar, hierdie tyd, word die musiekinstrumente afgestof, die stembande geoefen en word die vere reggeskud vir die Heidelberg Musiekskouspel.

Op 17 Maart 2021 word die skouspel vir die derde keer op Biggarplaas aangebied. Die verrigtinge skop af om 19.00 en wees voorbereid daarop om goeie ou herinneringe op te roep en splinternuwes te maak.

Die organiseerders het kleurryke en kleurvolle musici byeen gebring om Woensdagaand ‘n genotvolle musikale ervaring te maak.

Melodika (Christelle Gildenhuys, Michael du Plessis, Irene Sutherland, Annatjie Uys, Rachel Steyn en Merinda Uys), die bekende Boereorkes met lede vanuit Heidelberg, Witsand en Stilbaai, die Young Royal Shepards-blaasorkes onder die leiding van Naithan Ruiters, verskeie sangers en musikante op kitare, dromme en blaasinstrumente, gaan verwerkte liedjies uit die ou FAK-bundel en nuwe klanke soos deur Laurika Rauch, Bok van Blerk uit die nuwe bundel, jou wil laat saamsing en tydhou soos min. Wie gaan alles bymekaar hou met sy spitsvondigheid? Die nimlike seremoniemeester, Wim Vorster. 

*Melodikalede mag wissel per optredes. 

Hierdie klink na ‘n “okkasie” wat nie misgeloop moet word nie!! 

Onthou dat dit nooit te laat is om musiek te maak nie. Verlede jaar se gaskunstenaars, die gerespekteerde, Levebré Uys en Ellen Badenhorst, albei ouer dan 80, van Huis Zenobia, het dit oor en oor bewys.

Waar: Biggar-plaas, Heidelberg

Kaartjies: R125 pp. Kinders R60. Beskikbaar by Heidelberg-biblioteek en Merinda Uys- 084 824 7236.

Iets om te knibbel en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Daar is slegs ‘n beperkte aantal (70) sitplekke beskikbaar en Covid19- regulasies sal gevolg word. Onthou dus jou masker asseblief. 

Sien en hoor jou daar! 

Irma
Irma Huysamer
060 822 2195


Viewing all articles
Browse latest Browse all 12

Trending Articles